Gereelde deelname aan geakkrediteerde tennistoernooie en deelname aan proewe vereis baie ure op die pad en op tennisbane in die uithoeke van Suid-Afrika. Hierdie opoffering en uitleef van talent, het aan Petrie van der Merwe en Louwen Wolfaardt ‘n plek in die Oos-Kaap tennisspan verseker.

Petrie (o.19 A-span) en Louwen (o.15 B-span) neem op 18 – 22 Maart 2022 in Pretoria aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi vir SA Skole deel.

Baie geluk!

Meer Nuusberigte