By die afgelope saalbyeenkoms, is die graad 8’s offisieël welkom geheet by Hoër Volkskool, met ‘n tradisionele verwelkomingsseremonie. Die gr 8’s mag tot dusver nie hul baadjies skool toe aangetrek het nie. By die seremonie moes hul opstaan en ‘n eed van getrouheid aflê.  Daarna het elke gr 8 se matriekvoog hul baadjies vir hul aangetrek.

Die hoofleiers, Marichen Piek en Chris Burger, het aan elkeen ‘n skoolwapen oorhandig wat hul op hul baadjies mag vertoon. Daarna het die waarnemende skoolhoof, Mnr Theo Dörfling, elkeen welkom geheet met ‘n handdruk.

Ons is trots om ‘n Volksie te wees!

 Mnr Dorfling en Nozi Mvana

Meer Nuusberigte