NASP – VOLKSKOOL het Saterdag 26 Januarie hul eerste kompetisie (NASP KWAGGA OPE) van die nuwe seisoen geskiet. 70 skuts sover as Oos-Londen en Victoria-wes het deelgeneem.

Uit die 14 VOLKSKOOL skuts was daar 4 skuts wat hul eerste kompetisie ooit geskiet het. Met die intrapslag het hulle aan die 3D afdeling van die kompetisie moes deel neem waar die diere teikens se telling area klein is en die afstande wissel van 10 tot 15 m.

Die skuts het hulle almal goed van hul taak gekwyt.

Op podium vir Volkskool

Brons 3D en Brons Bullseye Primêre skole – Casper Bekker

Brons 3D en Brons Bullseye  Hoërskole – Matthew Mc Naughton

50/50 Bullseye – 10 m Petrone Fourie (op die foto by die teiken)

50/50 3D – Matthew McNaughton

Op die foto van links na regs: Zander Mostert, Juryna Fourie, San-Mari de Goede, Casper Erasmus, Ashley Arnolds, Lieben Bekker en Petrone Fourie

Meer Nuusberigte