“Die laaste week van Januarie is daar ‘n reuse B groep gala aangebied in Port Elizabeth. Met oor die 700 inskrywings van meer as 40 skole was die paviljoene gepak en die kompetisie straf.

Hoër Volkskool het ook twee swemmers gehad wat hul skool verteenwoordig het. Marlien en Llewellyn Crewe-Brown het in dieselfde oudersoms groep deelgeneem naamlik mans 15-16 en dames 15-16 jaar.

 

Hulle het weereens uitsonderlik presteer.

Llewellyn Crewe-Brown het in al 5 sy items eerste gekom en het ook in elke item sy persoonlike beste tyd geswem. Veral sy 50m vlinderslag tyd van 28.27 het die afrigters laat regop sit.

Marlien Crewe-Brown het 4 uit die 5 items gewen en was tweede in die 50m rugslag. Sy het in 3 van haar items n persoonlike beste tyd geswem. Ook haar vlinderslag tyd van 34.13 sekondes was indrukwekkend.

“Ons het hierdie kwartaal baie hard gewerk aan fiksheid, core muscles en ook vlinderslag” het Corlé Ferreira Volkskool se hoof afrigter gesê “Ek is baie tevrede met hul op die oomblik maar beide kan nog beter swem in die laaste 5m van ‘n reisies en ons sal daaraan werk hierdie volgende ruk”.

Volgende naweek is die Sunday’s River Mile en ook die laaste B groep gala. Volkskool gaan n groot span swemmers na beide hierdie byeenkomste stuur en glo dat dit weereens sal wys dat n klein plattelandse skool geensins hoef terug te staan vir die groot skole in die baai nie.”

 

Meer Nuusberigte