Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte teen Gill College op die krieketveld gemeet. Dit was bloedig warm maar die spelers het steeds hul beste gegee. Hoër Volkskool het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 99 lopies. Daarna het Gill opgestap. Die Volksies was egter net te goed vir Gill en haal hulle almal uit vir 97 lopies. Die beste bouler was Cameron Koopman (links) met 3 paaltjies vir 16 lopies in 5 beurte, terwyl Jaco van Loggerenberg (regs) die beste kolwer met 22 lopies was.

Ons wens ons krieketspan baie geluk en hoop die seisoen verloop glad!

Meer Nuusberigte