Janine het groot geword in Bloemfontein en het ook ‘n rukkie in die platteland gebly, sy het na haar hoërskoolloopbaan in Bloemfontein gestudeer. Sy het aanvanklik ‘n graad in onderwys behaal, maar die sielkunde het haar meer gefassineer. Sy het dus ‘n Honneursgraad in Opvoedkundige Sielkunde behaal en ook hierna haar Meestersgraad in Spelterapie voltooi.

Jaco is oorspronklik van Vanwyksvlei in die Nood-Kaap. Hy was in Carnarvon op laerskool, maar het sy hoërskool loopbaan voortgesit by Paarl Boys High in die Paarl. Hy het voorts by Stellenbosch gestudeer, maar die Westelike Provinsie het hom ‘n kontrak aangebied en sy rugbyloopbaan het begin. Jaco het hierna ‘n pos aanvaar by die Cheetahs en dis waar hy vir Janine ontmoet het… in ‘n Pick ‘n Pay in Bloemfontein.

Jaco het intussen ook Springbok sewes gespeel vir 4 jaar.

Jaco en Janine was lank slegs vriende en hul paadjies het geskei toe Jaco in Italië rugby gaan speel en Janine het in Durbanville gewerk het.

Die koeël was deur die kerk toe Jaco terugkeer uit Europa en hulle het in Johannesburg getrou en gebly, terwyl Jaco vir die Lions gespeel het.

Jaco en Janine het hierna in Rome, Italië gaan woon, asook in Bordeaux in Frankryk.

Met hul terugkeer het Jaco ‘n laaste kontrak aanvaar by die Kings in Port-Elizabeth. In 2011 is hul dogtertjie, Zenicke, in PE gebore en in 2015 hul seun, JJ.

Die paartjie het na 8 jaar in Port-Elizabeth besluit om die sjarme van die platteland aan te gryp en het in Graaff-Reinet kom woon. Jaco werk as die direkteur van rugby by Hoër Volkskool en Janine gaan remediëring aanbied by Laer Volkskool.

Hulle is die trotse huisouers van Huis Cronjé en hoop om ‘n verskil te maak in die lewe van elke koshuiskind.

Meer Nuusberigte