Elcarla Jonkers, Brendan Wiid, Chante Coetzee, Sumaritha Steenkamp en Janè Venter.

Me. Jonkers kom van Oudtshoorn waar sy by die HTS Morester gematrikuleer het. Sy het haar B.Ed graad voltooi aan die PUK in Ingenieursgrafika en Ontwerp en Besigheidstudies. Sy gaan besigheidstudies by Hoër Volkskool aanbied. Sy gaan baie betrokke wees by die kultuur van die skool.

Mnr Wiid kom van Durban waar hy ook sy B.Ed Intermediere tot Senior Fase aan duie Universiteit van KwaZulu Natal voltooi. Hy gaan English First Additional Language gr 8 – 10 aanbied.  Hy gaan sy gewig by die hokkie ingooi.

Me. Coetzee is ‘n oudskolier van Hoër Volkskool en het in 2014 hier gemattrikuleer. Sy het haar B.Ed  Intermediere tot Senior Fase  voltooi by Kovsies. Sy gaan ook baie help met die hokkie en tennis by die skool.

Sumaritha Steenkamp het gematrikuleer aan die Hoërskool Vryburg. Sy het haar B.Ed Honneurs graad voltooi en sy gaan Afrkaans Eerste Taal aanbied vir die FET fase. Sy gaan baie betrokke by die kultuur van die skool wees.

Janè Venter kom van Bloemfontein, waar sy ook haar B.Ed Senior en FET fase voltooi het. Sy gaan haar toespits op veral Toerisme en Verbruikerstudie by die skool. Sy is ook ‘n ywerige Netbalafrigter en -skeidsregter.

Hoër Volkskool is baie trots op ons nuwe onderwyserskorps vir 2019. Daar is baie nuwe gesigte, waar baie oues ons ook verlaat het. Alhoewel ons met swaar harte afskeid geneem het van die oues, sien ons baie opgewonde uit na die toekoms!

Meer Nuusberigte