Justin Gafoor , Celine Kirstein en Linda Lötter het op 1 Junie 2018 deelgeneem aan die ATKV Redenaars semifinaal: Suid – en – Oos – Kaap te Hoërskool Outeniqua in George.  Justin en Linda het deelgeneem aan die onvoorbereide toesprake vir Afrikaans Huistaal (gr10 – 12). Justin was onder die top tien in die agtste posisie.  Hulle onderwerp was: “ Moet die kabinet vergroot / verklein.”

Celine het deelgeneem aan die voorbereide toesprake in Afrikaans Huistaal (gr. 10 – 12) met die onderwerp : “ Die koue kloue van my koue kluis.”

Baie geluk aan hierdie redenaars met hul goeie prestasies en volgehoue deursettingsvermoë.

Meer Nuusberigte