Hoër Volkskool se eerste netbalspan het tydens die April-vakansie deelgeneem aan die Arthur Johnson-sporttoernooi in Mosselbaai. Tydens hierdie toenooi is ‘n span gekies wat gedurende die September-vakansie aan ‘n netbaltoernooi in Engeland gaan deelneem. Twee van Hoër Volkskool se spelers is gekies vir hierdie span, nl. Lykita Koeberg, ‘n gr 11 leerling en Lara du Plessis, ‘n gr 12 leerling van Hoër Volkskool. Ongelukkig is daar baie onkostes verbonde aan so ‘n eer.

Om die finansiële las van die ouers te probeer verlig, het ons die suksesvolle steakaand aangebied. Sonder ons borge en die ondersteuning van die gemeenskap, sou hierdie poging egter nie so suksesvol gewees het nie! Daarom wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om vir al die netbalspeelsters, skoliere, ouers en ondersteuners van Hoër Volkskool wat gehelp het om kaartjies te verkoop, wat kaartjies gekoop het en wat donasies gemaak het, baie dankie sê.

Aan ons borge: Pioneers Restaurant en Pub se bestuur en personeel: baie dankie vir jul geduld met ons Vrydagaand, veral met die netbal-kelnerinne wat julle gewone roetine omtrent omver gegooi het. Dankie ook vir die bereiding van die kos, asook die help met die beplanning van die aand.

Camdeboo Supermeat vir die ongelooflike lekker steak wat hulle verskaf het vir die aand, asook die reuse donasie wat Mnr. Klaas Zandberg aan ons gemaak het.

Mnr Paul Steynberg vir die hout sodat die vure die hele aand kon brand en die koue verdryf.

Mark vir die Huisvrou (Saverite).

Huis Cronje

Meagan Edwards vir die ontwerp van die plakkate en kaartjies.

Baie dankie vir julle bydrae. Ons waardeer dit ongelooflik baie.

Indien iemand nog ‘n bydrae wil maak tot die fonds vir hierdie twee meisies, kontak gerus die skool vir meer inligting – 049 8910514.

Ondersteun asseblief ons borge!

Meer Nuusberigte