Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte gemeet teen Andrew Rabie. Die Baainaars het die Winderige stad se wind saamgebring Karoo toe, maar dit het nie ons sportmanne en -vroue afgesit nie.

Op die hokkieveld het ons die spel heeltemal oorheers en met ‘n telling van 14 – 0 van die veld afgestap. Die 0.14A netbalspan het ‘n baie goeie dag gehad en wen hul wedstryd 18 – 5 . Die 0.16A span het ook goed opgewarm en met baie geesdrif op die baan gestap. Hul wen hul wedstryd 15 – 5. Die eerste span het hul gereed gemaak vir ‘n titaniese stryd. Na 40 minute op die baan, was almal moeg, maar baie trots op hul telling van 46 – 1.

Op die rugbyveld het dit ook baie goed gegaan. Die -14’s was halftyd 15 – 3 voor. Ongelukkig het die wind hul bietjie deurmekaar gewaai tydens die tweede helfte en verloor hul die wedstryd naelskraap 15 – 17. Die 0.15 span wen hul wedstryd gemaklik met ‘n telling van 31 – 17. Die eerste rugbyspan het voluit gespeel en elke kans wat hul kon kry met twee hande aangegryp. Die eindtelling vir hul wedstryd was ‘n trotse 57 – 0.

 

Netbalfoto: vlnr: Maryna Nell, Lykita Koeberg, Marichen Piek, Dehana van der Merwe, Irene Kiewiets, Linda Lotter en Lara du Plessis. By hul telbord na die wedstryd.

Meer Nuusberigte