Op Vrydag 18 Mei, het Huis Cronje – Hoër Volkskool se koshuis – in samewerking met die hoofborg van die dag, WILD OUTDOORS GRAAFF-REINET, vir die vyfde jaar ‘n baie suksesvolle Springbokjagkompetisie aangebied.

Vanjaar is alle verwagtinge oortref met 23 spanne wat deelgeneem het. Die oggend het al die jagters by die VOLKSIE bymekaar gekom waar die hooforganiseerder van die dag Tokkels Lombard al die reëls verduidelik het. Daarna is plase getrek waar hulle sou gaan jag. Elke jagter kon 2 bokke skiet. Vandat ‘n span by die betrokke boer op sy plaas gekom het, het hulle 4 ure gehad om hul kwota bokke te skiet, waarna hulle weer moes terugkeer VOLKSIE toe. Hier is gekyk na skootplasing, gewig, lengte van horings, ens. om die wenners te bepaal. Daar was pryse vir spanne, asook individuele wenners.

Die spanwenners was as volg:
1ste: Kapaaislanders: Hendrik Wolfaardt, Phlippie Wolfaardt, Jaco Potgieter en Pieter Nel (jr)
2de: Huis Cronje Pa’s: Jan Nel, Morne Marx, Johan Lategan & Roche van Heerden
3de: UHS Old Uionities: Dave Stern, William Coperman, Richard Collett & Jason Jacobs
Individuele wenners:
1de: Phlippie Wolfaardt
2de: Jaco Potgieter
3de: Johan Lategan
Beste skoot: Johan Kriegel
Ram & ooi met langste horings: Jackie Laubsher
Swaarste bok: Jackie Laubscher
Plaas met swaarste bok: Arcadia – Arno de Jager
Plaas met bok met langste horings: Arcadia – Arno de Jager

Meer Nuusberigte