Die volgende hokkiespelers van Hoër Volkskool is verkies tot ‘n OP span. Hulle sal OP verteenwoordig in hul onderskeie interprovinsiale toernooie en streekstoernooie wat tydens die Junie-vakansie sal plaasvind in Oos-Londen en Pietermaritzburg. Mnr Wynand Volschenk, die eerstespan hokkie-afrigter by Hoër Volkskool, is aangewys as die afrigter van die 0.14C OP-span.

Foto VLNR:

Lynette Itterhagen-Strauss: OP 0.18 B, Logan Ludick: OP 0.16 B, Inke van der Merwe: OP 0.14C,  Marlien Crewe-Brown : OP 0.14C,  en Marlie van der Merwe : OP 0.14C. Inke is gekies as deel van die Griekwa-span wat gaan deelneem aan die Bokkie-week, in Kimberley, ook tydens die Junie-vakansie, gaan deelneem.

Dit is ‘n baie groot eer vir ons skool! Ons is baie trots op ons hokkie-bokkies!

Meer Nuusberigte