Die 2018 Suid Afrikaanse Nasionale Tweekamp kampioenskappe was gehou te Pretoria op die laaste dag van Maart. Daar was ‘n rekord getal deelnemers en die stadiums was gepak met toeskouers en belangstellendes. Die verrigtinge het al die Vrydag afgeskop met die openings seremonie en verbymars. Van die meer ervare atlete het sommer van die tyd gebruik gemaak om die fasiliteite uit te toets en n paar rondtes om die baan af te le.

Daar was verskeie atlete van Graaff Reinet wat gekwalifiseer het om aan die byeenkoms deel te neem. Onder andere was twee atlete van Volkskool naamlik Llewellyn en Marlien Crewe-Brown. Die twee het reeds vroeër in die week in Pretoria aangekom om aan die hoëveld se min lug gewoond te raak.

Die Saterdag was vol opwinding en drama. Die hardloop was baie mededingend en veral die kus gebonde atlete het swaar gekry. Die swem was net so opwindend toe n behoorlike Hoëveldse donderstorm uitgesak het en die swem met n uur vertraag het terwyl almal uit die reën uit geskarrel het.

Ten einde was daar Saterdag aand ‘n heerlike ete waar die atlete mooi kon aantrek en die prys uitdeling.

Marlien en Llewellyn het die byeenkoms baie geniet en het hulself goed van hul taak gekwyt. Llewellyn is onder die top 20 atlete in die land en Marlien het 41ste geëindig.  Volkskool is met reg trots op hierdie twee skitter en veelsydige atlete en glo dat hul volgende jaar weer die skool en die OP se naam sal hoog hou op die tweekamp baan.

Meer Nuusberigte