Karisma Calitz, ‘n oud-leerling van Hoër Volkskool,  het haar BA Honneurs (HMS:Biokinetika) graad voltooi. Sy het die graad met cum laude behaal. Sy was ook benoem as die beste akademiese presteerder deur BASA (Biokinetics Association of SA). Op die oomblik voltooi sy haar internskap jaar (tot Des 2018) by Da Gama mediese sentrum in Mosselbaai waarna sy as biokinetikus kan registreer. Sy sal graag eendag haar eie praktyk wil besit, maar sal eers al haar opsies vir volgende jaar goed uitkyk.

Meer Nuusberigte