Boodskap van meneer Theo Dörfling:

Baie geluk aan die gr 12 klas van Volkskool met julle 100% slaagsyfer. Ons is trots op julle mooi prestasie en dankbaar vir die talente wat julle ontvang het om dit moontlik te maak.

Dit is nie moontlik om so iets te bereik sonder ‘n spanpoging nie. Dankie aan die personeel wat hard gewerk het oor die afgelope paar jaar om die leerders voor te berei om hulle skoolloopbaan suksesvol te kon voltooi.

Die rol van die ouers en die gemeenskap word ook erken in hierdie suksesverhaal. ‘n Woord van dank aan die departement van onderwys vir hulle bydrae om ruimte te skep vir hulle bydrae tot dit wat belangrik is vir onderwys. Harde werk en toewyding by Hoër Volkskool lê vir ons die grondslag tot sukses.

Meer Nuusberigte