Bywoningsvorm vir RSVP

MAANDAG,  15  MEI  2023

Ons begin stiptelik om 12:00

RSVP teen 5 Mei

Navrae:  volksies@hvsgrt.org.za / 0662447769

Dit het alles begin meer as ‘n eeu gelede…
Sedert 1922 is Hoër Volkskool ‘n skool waar die omgewing geskep word vir Afrikaanssprekende leerders, ondersteun deur sterk Christelike lewenswaardes, om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.
Kom kyk waarheen ons op pad is!
Hiermee, word u dan hartlik uitgenooi om by ons te kom kuier op 15 Mei en sodoende ons die geleentheid te verskaf om u die gerusstelling te gee, dat jy ons met jou én óns kosbaarste besitting kan toevertrou, ons jeug.

“Ons groot geheim is om op te kyk”

Graad 7 leerders: Met julle laerskooldae wat al minder word, is die keuse vir ‘n hoërskool ‘n baie belangrike keuse.

As die eerste hoërskool in Kaapland met Afrikaans as sy enigste voertaal, beklee die Hoër Volkskool ‘n besondere plek in die geskiedenis van Kaapland se onderwys en deur die jare het hy steeds as ‘n baanbreker sy plek op die terrein van die Afrikaanse kultuur konsekwent gehandhaaf.

AKADEMIE

Die skool se toegewyde onderwysers met ondervinding en die nodige kwalifikasies lê die grondslag van die skool se akademie.

KULTUUR

Landsdiens, CSV, Debat asook verskeie skaakspanne, verskeidenheidskonserte en vele meer word jaarliks aangebied

SPORT

Hoër Volkskool het ‘n baie trotse sportgeskiedenis en tradisie. Sy sportspanne was nog altyd ‘n groot krag in die Karoo.

HUIS CRONJE

Een van die belangrikste boustene van ‘n goeie skool, is ‘n goeie koshuis. By Hoër Volkskool beskik hulle oor daardie kwaliteit met die pragtige koshuis waaroor hul beskik – Huis Cronje. Hier probeer hulle vir elke plaaskind of kind van omliggende dorpe dit so huislik as moontlik maak. Alhoewel daar streng dissipline toegepas word, is daar ook tyd vir pret en plesier soos net koshuiskinders dit kan beleef. Die koshuis is oop vir weeklikse verblyf (Maandag tot Vrydag). Reëlings kan getref word oor naweke vir kinders wat wil inbly vir sport op ‘n Vrydagaand. Waar daar genoeg belangstelling in ‘n streek is, word die kinders Vrydae met skoolbussies na hul tuisdorpe of naaste dorp vervoer.

Word deel van die Volkskool familie!