Drukke week vir Hoër Volkskool! Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Juffrou Malan, Juffrou Gildenhuys en Meneer Prinsloo van 24–26 Junie 2025 die voorreg het om die Solidariteit SOS Nasionalekongres in Midrand, Johannesburg, by te woon.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) fokus op die bemagtiging van Afrikaanse onderwysers en skole, via leierskapontwikkeling, netwerkgeleenthede en kwaliteit sprekers.
Tydens die drie dae sal hulle onder meer leer van:
-Stefan Joubert, Daan Potgieter, Johan Koornhof, Margite Meyer‑Rödenbeck, Anthony Noble en nog vele meer.
– Onderwerpe soos Leierskap volgens Jesus, jou dryfkrag is nie vanselfsprekend nie en ander insiggewende temas.
Die kongres tema: “STAAN OP!“
Ons sien uit daarna om waardevolle insigte en inspirasie huis toe te bring wat ons onderwys- en skoollewe sal verruim. Dankie aan Solidariteit SOS vir hierdie kosbare geleentheid!