Twee spanne van Hoër Volkskool het op 14 April aan die ATKV-debatproewe deelgeneem by Ooskus Gimnasium. Hulle het teen sterk opponerende spanne van Hoërskool Nico Malan en Hoërskool Despatch te staan gekom en het al drie debatsgesprekke gewen!
Beide van Hoër Volkskool se spanne eindig derde in hul onderskeie groepe – ’n puik prestasie teen sterk opposisie.
Spanne:
- Chris de Wet & Saré Viljoen
- Cara Nel & Gaby Hall
Baie geluk aan hierdie bobaas debateerders – ons is trots op julle!