Ons Mnr. en Mej. Volkskool wenners is behoorlik bederf – en dis alles te danke aan julle, ons lojale en vrygewige borge. Elke geskenk, elke bydrae en elke mooi gebaar het hierdie ervaring ekstra spesiaal gemaak vir ons leerders.
Ons as Volkskool wil opreg dankie sê vir die hand van ondersteuning wat julle na ons uitgesteek het. Julle betrokkenheid en bereidwilligheid om in ons kinders te belê, spreek boekdele.
Dankie dat julle ‘n verskil maak. Ons waardeer dit méér as woorde kan sê!

Meer Nuusberigte