Vier van Hoër Volkskool se tennisspelers het die naweek aan die Synergy Cup te Mosselbaai deelgeneem.

Chenoa Jeffrey (gr 😎 en Pieter Nel (gr 9) het die Oos-Kaap (Elephants) o.15-span by hierdie toernooi verteenwoordig. Hulle span eindig algeheel vierde in die toernooi.

Louwen Wolfaardt en Luan Hanekom, albei gr 10-leerders het in die Oos-Kaap (Elephants ) o.19-span gespeel. Hierdie span het baie goed gevaar en algeheel tweede in die kompetisie geëindig. Ongelukkig kon hulle as gevolg van reën, nie die laaste rondte van die kompetisie voltooi nie.

Meer Nuusberigte