Maandag, 18 Maart 2024 het die leerlingraad van Hoër Volkskool, die jaarlikse skakeling met Union High School se leerlingraad, aangebied. Hierdie geleentheid word vir die leiers van die twee skole gereël, om mekaar beter te leer ken.

HVS se leiers het UHS se leiers die stryd op die rolbalbaan aangesê. Lede van die Graaff-Reinet Rolbalklub het die jonges oor die spel van rolbal, probeer touwys maak.

Jani van der Merwe, hoofmeisie van Volkskool, het genoem dat dit ‘n baie opwindende aand was en dat dit het al hul verwagtinge oortref. Die grootste les wat die leerders geleer het, is dat rolbal nie net vir die senior garde bedoel is nie!

Die aand is afgesluit met ‘n gesellige ligte ete wat deur die Graaff-Reinet Rolbalklub voorberei is. Ons opregte dank aan die Graaff-Reinet Rolbalklub vir jul hartlike ontvangs en samesyn gedurende die aand. Die leerders sal dit beslis nie gou vergeet nie!

Meer Nuusberigte