Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se eerste hokkiespan aan die

Tony Godding en Greg Beling hokkietoernooi te Oos-Londen deelgeneem. Daar was altesaam 40 deelnemende spanne van regoor die land.

Die spelers het hard gewerk op die veld en hul deursettingsvermoë is getoets.

Die uitslae van die vier wedstryde wat hulle gespeel het:

Wen teen Lilyfontein School 6 – 1

Verloor teen Queenstown Girls High 0 – 4

Wen Hoërskool Krugersdorp 9 – 0

Speel gelyk teen Merrifield 1 -1

Foto 1: links na regs: Lua Bouwer, Anishka Luiters, Zanro Groenewald, Mienk Janse van Rensburg, Alicia Louw, Jani van der Merwe, Kieran Bruinders, Carla van Tonder, Lisa Steynberg, Alice du Toit, Inke-Lerri Ferreira

Voor: Marlie Nel, Sare Viljoen, Anna-May Hayes en Cara Nel

Meer Nuusberigte