HVS krieketafrigter, mnr Pieter Kleynhans se o.15-krieketspan was Woensdag 14 Februarie, die gasheer tydens ‘n krieketwedstryd teen Gill Kollege.

Gill Kollege se kolfspan was eerste aan die beurt en is in die 19de boulbeurt met ‘n telling van 82 lopies almal uitgeboul.

HVS se openingskolwers, Jano Jevan en AW Lambrechts, het die lopietelling vinnig opgejaag. Jano het 39 en AW het 14 lopies aangeteken. Johan Viljoen het die wenpunt in die 12de boulbeurt aangeteken. HVS se span het die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

Baie geluk aan die spelers.

Foto: AW, Jano en Johan

Meer Nuusberigte