Gedurende Desember 2023 het die Protea Ruiterkunsspanne aan ‘n Internasionale Saddle Seat ruiterkunskompetisie teen die VSA deelgeneem. Die kompetisie het in Parys (SA) plaasgevind.

Beide die senior en junior Driegang- en Vyfgangspanne het deelgeneem en Suid-Afrika het in drie van die afdelings goud gewen. Tiaan Fourie (graad 11) was lid van die junior Protea Vyfgang Ruiterkunsspan, wat goud gewen het.

Tiaan se afrigter, Sumeri Botha, was aangewys aan die Protea Ruiterkunsspan se afrigter en was saam met Tiaan in Parys.

Baie geluk, Tiaan en baie sterkte met jou voorbereidings vir die Nasionale ruiterkunsproewe waaraan jy eersdaags te Riversdal gaan deelneem.

Meer Nuusberigte