Woensdag 31 Januarie 2024 het gesorg vir ‘n opwindende swemgala waar HVS se swemmers met veggees deelgeneem en ondersteun het. Verskeie rekords het gespat en tot die matrieks het met oorgawe aan die jaarlikse pret-resies deelgeneem.

Kate-Lynn Kruger het aan 9 items deelgeneem en 6 van die items se rekords verbeter. Met hierdie uitsonderlike prestasie, is sy as Victrix Ludorum aangekondig. By die seuns was ‘n moeiliker stryd tussen drie swemmers, maar Charl Conradie het as ‘n waardige Victor Ludorum weggestap.

Baie geluk aan al die swemmers met julle goeie prestasies.

Foto’s: Charl Conradie en Kate-Lynn Kruger

Meer Nuusberigte