Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n bedrywige week agter die rug. Maandag 5 Februarie 2024 is kragte teen Hoërskool Cradock gemeet. In die dubbelspel en gemengde dubbelspelwedstryde oorheers Volkskool en beïndruk met hul aanskoulike en opwindende tennis. Cradock verhang die bordjies in hul guns tydens die enkelspelwedstryde van die kragmeting, met ‘n eindtelling van 16 – 11.

In 2022/23 het twee tennisliefhebbers besluit om hulself beskikbaar te stel om beheer van Oos-Kaap tennis oor te neem. Met onmiddellike effek is kommunikasie verbeter en skole (en ouers) is nou op hoogte van toernooie en reëlings met betrekking tot die proewe. ‘n Ongelooflike 200 spelers het op Dinsdag 6 Februarie aan ‘n Oos-Kaap Intersone Tennistoernooi deelgeneem. Al hierdie spelers het reeds in Oktober 2023 aan die Oos-Kaap proewe deelgeneem en is in die IPT (A-spanne), Synergy Cup (B-spanne) of op die bystand reserwelys ingesluit. Vir hierdie toernooi is spelers in vier spanne verdeel, na gelang van die aantal beskikbare spelers per ouderdomsgroep.

Vroeg oggend het Alecia Louw (o.15; Chris Hani A), Chenoa Jeffrey (o.15; Nelson Mandela B), Pieter Nel (o.15; Chris Hani B), Louwen Wolfaardt (o.19; Chris Hani B), Luan Hanekom (o.19; Chris Hani B) en Rudolph-Hein van Eeden (o.19; Buffalo City B) vir hul kragmeting in Port Elizabeth, in die pad geval. Vier spanne het teen mekaar in dubbelspel-, gemengde dubbelspel- en enkelspelwedstryde deelgeneem.

Finale uitslae is as volg:

A-LIGA

Nelson Mandela 63

Chris Hani 57

Sarah Baartman 27

Buffalo City 14

B-LIGA

Nelson Mandela 45

Chris Hani 43

Sarah Baartman 17

Buffalo City 16

Woensdag 7 Februarie 2024 is die Graaff-Reinet Liga-wedstryde beslis met vier Volkskool spanne wat meegeding het. Ongelukkig het vyf spelers onttrek en aan opgewonde spelers die geleentheid gebied het om deel te neem. Die eerstespan seuns het baie aanskoulike tennis gespeel, terwyl die eerstespan dogters vir ‘n spannende einde gesorg het.

Tellings is as volg:

Mans 1ste liga:

Volkskool 1 – 3; Bethesda – 7

Mans 2-de liga:

Union 2 – 0; Volkskool 2 – 8

Wheatlands 2 – 8; Volkskool 3 – 0

Dames -1ste liga:

Volkskool 1 – 9 (56); Union 2 – 9 (52)

Foto: Chanoa Jeffrey, Alicia Louw, Luhan Hanekom, Louwen Wolfaardt, Pieter Nel en Rudolph-Hein van Eeden

Meer Nuusberigte