Op Saterdag, 3 Februarie 2024, het 21 leerders van Hoër Volkskool na Cradock vir ‘n dag vol pret en avontuur, vertrek. Die VCSV en Landsdiens het saamgespan en hulle is vergesel deur me. Gené Erasmus, me. Chanté Coetzee en mnr. Tiaan Van Zyl.

Eerste is die “Big Swing” aangedurf. Nadat Dwayne de Beer van Trip’n Adventures gewys het hoe daar werklik geswaai kán word, het die waaghalsiges gekompeteer om die beste toertjies uit te haal.

Daarna is die Visrivier op binnebande aangedurf. Op ‘n warm dag was dit beslis ‘n lafenis. Weereens het die gidse die groep vergesel en gesorg dat almal hul reddingsbaadjies aan het. Daar het ook ‘n reddingsbootjie saam gevaar, sodat die leerders wat moeg raak of te min moed het, kon opklim.

Die manne van Trip’n het vir die leerders ‘n bederf gehad, wat nie op die program ingesluit was nie en hulle kon lekker in die rivier baljaar met die gidse van Trip`n Adventures wat weereens ‘n wakenede oog gehou het.

Die dag is afgesluit met kaasburgers en skyfies by Steers. Hierdie wat ‘n heerlike manier om die jaar se aktiwiteite af te skop en ons sien uit na vele avonture en ook geleenthede om ons gemeenskappe te dien.

Meer Nuusberigte