Die ATKV-bestuur, het saam met me. Clarissa Faber en oom André, op 19 Januarie 2024 na Swanepoelskraal, buite Jansenville vertrek. Die naweek was gevul met onvergeetlike avonture soos waterballongevegte, deurnag om ‘n kampvuur, springhase jag en ontbyt in die veld.

Die bestuurslede het tussen al die aktiwiteite in die modder, tyd gehad om mekaar beter te leer ken en doelgerig hulle ATKV termyn te beplan. Die ATKV Volksmond is vuur en vlam om ‘n verskil in Graaff-Reinet te maak en is gereed om verskeie projekte aan te pak.

Meer Nuusberigte