Elke einde van die sportseisoen bring ‘n uitdagende tyd vir ons atlete. Met die lang Novembereksamen wat op hande is en die welverdiende Desembervakansie daarna, is dit maklik om in ‘n “rusmodus” te beland. Maar hier by Hoër Volkskool glo ons aan die belangrikheid van volgehoue fiksheid en toewyding. Daarom het ons ‘n spesiale beloning vir die sportmanne en -vroue wat die fiksheidstoetse aan die begin van die jaar kon deurstaan gereël – ‘n onvergeetlike toer na die pragtige Knysna. Hierdie toer was nie net ‘n beloning vir hul volgehoue deursettingsvermoë nie, maar ‘n geleentheid om nuwe vriendskappe te smee en ook ‘n diep waardering vir ons pragtige land met sy natuurskoon te ontwikkel.

Vroeg Vrydagoggend 9 Februarie het ‘n groep van 11 entoesiastiese sportmanne en –vroue na die asemrowende bestemming van Knysna vertrek. Die toer het nie net ‘n gees van kameraadskap bevorder nie, maar ons het ook waardevolle lesse geleer en ons passie vir avontuur uitgeleef.

HOOFTEPUNTE VAN DIE TOER:

Beervleidam: Ons eerste stop was by die Beervleidam waar ons geleer het, dat hierdie dam nooit gebou was met die doel om water op te gaar nie, maar eerder om vloede na plekke soos Patensie te beheer.

Willowmore: Die geskiedenisryke dorpie Willowmore het ons harte verower met sy karakter. Hier het ons vinnig geleer dat elke aksie ‘n reaksie het. Byvoorbeeld, is jy laat kom, is jy op skottelgoeddiens…

Alavation Park Die opwinding het gestyg toe ons Alavation Park besoek het en hier het ons selfs ‘n paar renjaers in ons midde ontdek.

Verkenning van George en omgewing: Ons toer het ons selfs na Elvis Brew Co. se padstal geneem. ‘n Baie oulike padstal waar die werknemers se passie en vriendelikheid die atmosfeer vul en almal om hulle aansteek (‘n Pragtige en waardevolle lewensles wat ons hier geleer het, is dat as jy geniet wat jy doen, jy nie ‘n dag in jou lewe sal werk nie – “Oh” en natuurlik, vreugde is ‘n keuse…).

Panarottis Pizza: Na ‘n vinnige besoek aan die Tuinroete inkopiesentrum was almal al redelik dun en het ons heerlik aan Panarottis pizza gesmul.

Lofprysing: Ons was baie bevoorreg om ‘n paar kitaarspelers in ons midde te hê en kon ons elke aand heerlik saam die Here met sang en kitaar loof en prys.

Adventure Land Plettenbergbaai: Saterdagoggend vroeg het ons ‘n vlooimark besoek en daarna het die adrenalien behoorlik by die opwindende waterpark, “Adventure Land” gepomp. (Nie eers fase 6-beurtkrag kon hierdie opwinding stuit nie.)

Lientjiesklip by die Wildernis: Wat is ‘n besoek aan Knysna sonder ‘n stop by die see. Behalwe vir die hartseer storie van Lientjie by Lientjiesklip in die Wildernis, het ons nog ‘n waardevolle les geleer: “Jy draai NOOIT jou rug op die see nie.” Na almal noodgedwonge weer moes verklee het, was die pad terug huis toe heelwat stiller as met die gaan slag…

Ons wil net ‘n spesiale woord van dank aan elke ouer en borg rig, wat hierdie onvergeetlike naweek moontlik gemaak het. Sonder julle ondersteuning sou hierdie ervaring nie moontlik gewees het nie. Ook rig ons, ons dank aan ons Here vir Sy beskerming en die voorreg om die pragtige natuurskoon op so onvergeetlike wyse te kon ervaar.

Mag HVS se sportmanne en –vroue voortgaan om ons passie vir ons sport uit te leef, ons liggame gesond te hou en ons gees te versterk.

Hartlike dank aan ons borge

Ahee Photography

Camp Nguni

Cold Stream

De Jagers

Kareestomp

Karoo wear (PTY)

Nommerpas

Profcon

Spar

Waterkrans

Meer Nuusberigte