Hoër Volkskool wil die fokus skuif van ‘n generasie wat die wêreld wil verander sodat elke individu gelukkiger kan wees, na ‘n generasie wat elke dag daarop ingestel is om geleenthede te soek waar ons ‘n positiewe verskil in die lewe van ons naaste kan maak en so kan een individu op ‘n slag ‘n groot verskil in die wêreld maak.
Ons moedig ons leerders aan om na geleenthede te soek om goeie dade te doen.
Ons daag hiermee ons medeskoliere in die gemeenskap en ander skole in ons land uit om saam met ons tot aksie oor te gaan.

Hoe gaan jy vandag ‘n verskil in iemand se lewe maak?

Deel met ons julle idees en dade van omgee. (“Tag” hierdie blad met julle dade van omgee).
Ons sien uit daarna om te sien hoe ons jeug ‘n verskil maak en hoe ver hierdie uitdaging kan kring.


LIEFDE WEN!

Meer Nuusberigte