Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het die afgelope naweek aan die Greg Belling hokkietoernooi te Oos Londen deelgeneem.

Hulle eerste wedstryd was teen Queenstown Girls High en HVS het die wedstryd 2 – 1 gewen. Alecia Louw het albei doele aangeteken en sy en Tyneal Botha is as spelers van die wedstryd aangewys.

Saterdag het ons op Merrifield se pragtige blou astrobaan gespeel. Die dag het vroeg begin en hoewel HVS se span baie goed gespeel het was die groot skole se teenstanders net te sterk. HVS het teen Hudson Park, 7 – 1 verloor asook teen Cambridge 8 – 1 verloor.

Sondag is op ‘n hoë noot afgesluit toe HVS 7 – 1 teen Lilliesfontein gewen het.

Punte is as volg in hierdie wedstryd aangeteken:

Saré Viljoen = 1

Jani van der Merwe = 1

Kieran Bruinders = 2

Alicia Louw = 2

Zanri Groenewald = 1

Alicia Louw het die meeste doele vir die span tydens die toernooi aangeteken.

Meer Nuusberigte