Weens groot belangstelling in die vakrigting Rekenaartegnologie het daar ‘n behoefte by HVS ontstaan om nog ‘n rekenaarlokaal in te rig. Die vak RTT word nou in twee vakgroepe aangebied om meer leerders die geleentheid te gee om die vak te neem.
IGO maak ook gebruik van die rekenaarsentrum en waar IGO-leerders in die verlede na skoolure die rekenaars moes gebruik, kan die praktiese klasse nou tydens skoolure aangebied word.
HVS het ook die Cami Reader-leesprogram aangekoop wat leerders kan help om hulle leesvermoë te verbeter. Die junior klasse sal tydens skoolure in hulle taalperiodes aan die program deelneem. Leerders met ‘n leesagterstand sal ook na-ure hierby baat vind.
Wolkskool is ‘n groot hulpmiddel vir HVS se leerders. Onderwysers kan dus die klaskamer tydens skoolure gebruik om assesserings, of werkstukke, met hulle klasse op Wolkskool te doen.
Hierdie projek is deur die G.T. Ferreira Fonds moontlik gemaak. Te danke aan meneer Ferreira, was dit vir Volkskool moontlik om hierdie rekenaarlokaal met 38 rekenaars toe te rus. Dit beteken dat baie meer leerders tydens skoolure geakkommodeer kan word.

Meer Nuusberigte