Tydens die WOW-spelfees se distriksrondte het Emma van Gent, Luke Karelse, Michayle Maarman en Ilze Vorster almal in die top vier van hulle onderskeie ouderdomsgroepe geëindig en vir die provinsiale rondte gekwalifiseer.

Weens ‘n sameloop van omstandighede het Emma en Michayle nou eers hulle medaljes vir hul eerste plekke in die distriksrondte ontvang. Almal het sertifikate vir hulle goeie prestasies ontvang.

Sterkte met die voorbereiding vir die provinsiale rondte se deelname.

Foto vlnr: Emma van Gent, Luke Karelse, Michayle Maarman, Ilze Vorster

Meer Nuusberigte