By die jaarlikse Gill Sportdag het Hoër Volkskool weereens deelgeneem op die netbalbaan, die hokkie – en die rugbyveld. Dit was vir die meeste spanne die eerste keer wat hul die seisoen saam speel. Die verskillende spanne het verskillende uitslae gehad, maar dit was ‘n genotvolle dag vir almal.

Die uitslae is as volg: Netbal (HVS telling eerste)

Adelaide Gimnasium: 6 – 6

Hoërskool Brandwag: 9 – 11

Humansdorp Sekondere Skool: 14 – 10

Hoërskool Hangklip: 7 – 5

en Gill se 0.16span: 12 – 3

Die hokkiebokkies het ongelooflik goed gevaar. Hul was van die begin af gefokus en het hul harte uitgespeel.

Hul speel teen Hoërskool Hangklip en wen 4 – 0 asook teen Hoërskool Cradock en stap tevrede van die veld af met ‘n telling van 7 – 1.

Op die regbyveld was daar ook gemengde uitslae:

0.14 speel teen Aeroville Sekonder en wen 54 – 0

0.15 speel teen Aeroville Sekonder en speel gelykop 15 – 15.

Die eerste span het bietjie swaar getrek teen Hoërskool Grens en verloor ongelukkig 10 – 21.

Hierdie dag is elke jaar ‘n hoogtepunt op ons kalender waar ons spanne mekaar beter leer ken en ‘n goeie wegspringplek is vir die seisoen.

Meer Nuusberigte