Die Oos Kaap Hoërskole Atletiekkampioenskappe het van 5 tot 7 Maart 2020 op Cradock plaasgevind.  Baie warm weer was ‘n uitdaging vir die atlete om hulle beste prestasies te kon lewer.

Marni van der Merwe het die 100m dogters o.17 gewen met ‘n tyd van 12,28 sekonde.  Sy het met hierdie wentyd die Oos Kaap rekord verbeter.  In die 200m het sy ‘n derde plek behaal met ‘n tyd van 25,99 sekonde.  Tiané Lombard wen die gewigstoot dogters o.19 met ‘n afstand van 10,17m.  Sy het ook met ‘n afstand van 29,23m tweede geeïndig in die diskus.

Fransené Joubert behaal ‘n tweede plek in spiesgooi, dogters o.19 .  Haar beste afstand was 29,00m.  Ethan Jaftha eindig tweede in die 400m, seuns o.14 .  Sy tyd in hierdie wedloop was 54,66 sekonde.

Meer Nuusberigte