Die afgelope naweek het van ons hokkie-, netbal-, en rugbyspanne deelgeneem aan verskeie toernooie te Port-Elizabeth.

Die rugbyspanne  het aan die Andrew Rabie Rugbyfees deelgeneem. Die 0.14span speel teen Hoërskool Otto du Plessis en speel gelykop 5 – 5.

Die 0.15 span het met baie entoesiasme gespeel en kon daarin slaag om Hoërskool Alexandria 14 – 7 te wen. Die eerste span het ook nie op hul laat wag nie en het hul wedstryd goed gewen met ‘n telling van 40 – 3 teen Victoria Park. 

Die hokkiespan het deelgeneem aan die OP Hokkiefees te Westering, Port – Elizabeth. Hierdie wedstryde het ook as OP proewe gedien. Ons eerste span het vier wedstryde gespeel, waarvan hul al vier gewen het en nie een doel afgestaan het tydens die hele toernooi nie. Die tellings was as volg:

HVS 4 – Brandwag 0

HVS 2 – Framesby 0

HVS 2 – Victoria Girls 0

HVS 2 – Nico Malan 0

Die span het allles gegee en die vrugte gepluk.

Die netbal het aan die NMU Klubtoernooi deelgeneem by die Universiteit se binnenshuise Sportsentrum deelgeneem. Hierdie toernooi was oop vir enige spanne, dus was dit nie net skolespanne wat deelgeneem het nie.

Ons netbalspelers het egter nie geskrik vir die meer ervare dames waarteen hul gespeel het nie en het steeds hul harte uitgespeel.

Tellings was as volg:

HVS 13 – DF Malherbe:8

HVS 10 – Blue Jays (Somerset-Oos) 15

HVS 9 – Madibaz (NMU) 15

HGVS 14 – Algoa Bay 12

HVS 20 – Panthers 8. Baie geluk aan hierdie spanne wat Hoër Volkskool ondersteuners Baie trots maak. Ons sien uit na die seisoen van 2020.

Meer Nuusberigte