Tydens die Junie-vakansie het Lykita Koeberg, die kaptein van Hoër Volkskool se eerste netbalspan, aan die Interprovinsiale Netbaltoernooi te Boksburg deelgeneem. Sy is gekies vir die Oos-Kaap 0.18A span en was ook onder-kaptein van die span. Tydens hul wedstryd teen Limpopo-provinsie is sy aangewys as die speler van die wedstryd. Na afloop van die toernooi, is sy ook gekies vir die top 35 spelers van die toernooi, wat genooi is vir die 0.21 Suid-Afrikaanse span-proewe. Hierdie proewe het die afgelope naweek plaasgevind  te Johannesburg. Hier is sy verkies tot die 0.21 Ontwikkelingsspan.

Meer Nuusberigte