Tydens die Junie-vakansie het Chris van Heerden en Ruben van der Merwe, twee leerlinge aan Hoër Volkskool,  as deel van die 0.19 OP Plattelandspan deelgeneem aan die SA Platteland toernooi in Reitz, Vrystaat. Die spelers het baie waardevolle ondervinding opgedoen saam met hul span. Na afloop van die toernooi is verskillende spelers op verskillende posisies vereer vir hul uitstekende spel. Hierdie voorreg het Chris van Heerden te beurt geval deur as die Beste Voorspeler van die Toernooi aangewys te word. Daar is ook ‘n span aangewys wat tydens die September-vakansie Italië toe sal toer. Chris en Ruben is by hierdie span ingesluit. Ons is baie trots op ons twee Volksie rugby sterre!

Meer Nuusberigte