Die Highgate Interprovinsiale Tweekamp is die tweede grootste tweekamp byeenkoms in die wereld. Net die SA’s het meer mededingers.

Daar was heelwat Graaff-Reinet kinders wat deelgeneem het en ‘n hele paar van Laer Volkskool het hul staal op die baan en in die swembad gewys.

Hoër Volkskool het ook ‘n verteenwoordiger gehad in Marlien Crewe-Brown wat die OP “A” span verteenwoordig het in die meisies o/15.

Daar was altesaam 35 deelnemers van 8 provinsies en streke en Marlien het in die top 10 geeindig.

Hierdie is voorwaar ‘n puik perstasie en ons is baie trots op haar.

Die volgende tweekamp byeenkoms is die OP kampioenskappe volgende week.

Meer Nuusberigte