Vrydagmiddag het Hoër Volkskool die jaarlikse Adelaars toernooi aangebied op Union High se Astro. Pret en plesier het die dag geseëvier.

Spanne van verskillende ouderdomme en vaardigheidsvlakke het deelgeneem wat bygedra het tot die pret. Op die einde het Grootfontein se eerstespan as wenners van die dag uitgetree,met sterk kompetisie van die span wat tweede geëindig het, nl. Heinz en die Res.

Die kompetisie is afgesluit met ‘n jolige steakete en sokkie by Hoër Volkskool se klubhuis, Die Volksie. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om ons borge te bedank wat gehelp het om hierdie dag so suksesvol te maak.

Die Dessert Spring Spur, Graaff-Reinet

Isu-Rommel

FlyKaroo

KarooBallooning

Nommerpas

Karoo Living

Polka

Groepfoto van die Knopkierie-span : Petrus Botha, Ilse Botha, Morne van Jaarveld, Izienne van Jaarveld (kaptein), Abe Nel, Henlein Bertram en  Proppie Truter.

Voor Etienne Larson, Eddie Nel en Magdel Nel

 

Meer Nuusberigte