Die interprovinsiale en nasionale kampioenskappe het van 3 tot 5 Oktober in Rustenburg in Noordwes  plaasgevind.

Sewe kinders is gekies om die Oos-Kaap span van 32 tydens die Nasionale Kompetisie te verteenwoordig – Juryna Fourie, Annelou van der Mescht en Jaco van Loggerenberg van HVS, Daniel McNaughton en Matthew McNaughton van UHS was in die Oos-Kaap hoërskolespan en Casper Bekker en Freddie van Loggerenberg van LVS leerlinge in die laerskole afdeling.  Daar het ook 14 leerders van die HVS Boogskietspan in die nasionale interskole kompetisie deelgeneem.

Die uitslae van HVS Boogskiet in die nasionale kompetisie is hieronder:

NASIONALE UITSLAE INTER PROV NASIONAAL
BULLSEYE PLEK BULSEYE PLEK 3D PLEK
McNaughton Matthew 282 276 255
Van der Mescht Freddie 270 257 245
Van der Mescht Annelou 257 271 263
Bekker Casper 256 253 225
McNaughton Daniel 250 269 275
Fourie Juryna 246 272 253
van Loggerenberg Jaco 242 237 207
Calonne Marais 270 251
Coetzer Simone 244 208
Fourie Petrone 271 236
Stannard De Jongh 242 235
van Loggerenberg Iwan 268 255
Bekker Lisa 160 134
Mostert Xander 241 226

 

Die Oos-Kaap NASP-span behaal ‘n derde plek in die span kompetisie.

In die nasionale interskole kompetisie bullseye afdeling behaal die Volkskool span ‘n 12 de plek uit 16 spanne met spantotaal van 3134.  Die HVS 3D-span behaal ‘n 12de plek uit 32 spanne met spantotaal van 1552.

Meer Nuusberigte