Ideale weer en sterk kompetisie het vir opwindende atletiek by die Volkskool vs Union Byeenkoms gesorg.

Twaalf byeenkomsrekords het in die slag gebly en ekstra kleur aan die byeenkoms verleen.

 

Die byeenkomsrekords is soos volg verbeter:

Shirwan van Staden  (Volkskool) – 100m, S o.19 – 10,78 sek

I Ndamane (Union)  –  800m, S o./19 – 2:8,35 sek

M de Boer (Volkskool) – 1500m, D o.19 – 5:36,06 sek

J Jooste (Volkskool) – Hoogspring, S o.17 – 1,88 m – Verspring, S o.17 – 6,45 m

C Swartz (Volkskool) – 100m, D o.17 – 13,00 sek –  Verspring, D o.17 – 4,97 m

T Lombard (Volkskool)  – Gewigstoot, D o.16 – 10,77 m

O Ngwenya (Union) – 200m, S o.15 – 23,39 sek

M van der Merwe (Volkskool) – 100m, D o.15 – 12,70 sek

L Finca (Union) – 400m, S o.14 – 1:2,57 sek

E de Jager (Volkskool)  – 1500m, D o.14 – 5:53,25 sek

Die byeenkoms is afgesluit met opwindende aflosse.  Volkskool het die dogters aflos gewen, terwyl Union die wenners in die seuns aflos was.

 

 

Meer Nuusberigte