Tydens die Julie-vakansie het ‘n paar van ons leerders aan provinsiale toernooie deelgeneem en sodoende gekwalifiseer vir hul erekleure in hul onderskeie kodes.  Agter: Lykita Koeberg verteenwoordig OP in die 0.17B span by die Nasionale Netbaltoernooi wat in Boksburg aangebied is. Maryna Nell  verteenwoordig ook vir  OP in die 0.17B span by die Nasionale Netbaltoernooi. Sy word ook gekies om deel te neem aan die proewe vir die SA Junior Span.Devan Nel het aan die Rugby Cravenweek te Paarl deelgeneem. Hy is aangewys as die Man van die Wedstryd tydens hul kragmeting teen Limpopo Blou Bulle.  Marichen Piek het die OP verteenwoordig in die 0.18B Netbalspan, ook in Boksburg. Erns Mostert het ook deelgeneem aan die Rugby Cravenweek wat in die Paarl aangebied is.

Voor: Wilke van Zyl het die 0.18 b span van OP verteenwoordig, op die muurbalbaan. Hul het in die Paarl deelgeneeem en ‘n algehele tiende plek behaal.  Lynette Ittershagen-Strauss is opgeneem in die 0.18B OP Hokkiespan  in Pietermaritzburg. Hul het hul goed van hul taak gekwyt en ‘n algehele agtste plek behaal. Logan Ludick het ook aan die Interprovinsiale toernooi deelgeneem en OP in die 0.16B span verteenwoordig. Hul het ‘n algehele negende plek behaal in die toernooi. Marlien Crewe-Brown het ook die  OP verteenwoordig op die muurbalbaan in Johannesburg. Sy het sewe van haar nege wedstryde gewen en OP het ‘n algehele vierde plek behaal.  Lara du Plessis gekies vir die 0.18A OP Netbalspan. Sy is verkies as kaptein van hierdie span. Hul het ook baie goed gevaar en baie waardevolle ondervinding opgedoen.

Meer Nuusberigte