Hoër Volkskool se Landsdienslede het saam met ander vrywillige leerders die strate van Graaff-Reinet ingevaar om fondse vir Huis van der Graaff in te samel.  Gewapen met plakkate en blikke het hierdie opgewonde vrywilligers die straathoeke rondom die NG Kerk beman en verbygangers bewus gemaak, gesmeek en oortuig om ‘n finansiële bydrae te maak.

Kers is opgesteek by die bestuurder van die ouetehuis en daar is ooreengekom dat die fondse aangewend word om koekies te koop vir die inwoners.  Oppad na die Landsdiens provinsiale kamp, het die groep kampers die kosbare vrag gaan aflewer.  Om jou medemens te dien is een van die Landsdiens liefdes en dit is ‘n voorreg om hierdie bydrae te kon lewer.

Meer Nuusberigte