Hoër Volkskool het die swemseisoen op ‘n baie hoë noot afgesluit. Ons top swemmers het deelgeneem aan die top 8 gala, vlak 1, 2 en 3 gala’s.

Die top 8 swemmers

Swemmers wat aan die top 8 gala deelneem, moes aan B-groep gala’s gedurende die seisoen deelneem, waar die top 8 swemmers dan gekies word om aan die gala te kan deelneem.  Hoër volkskool het altesaam vyf swemmers wat vir hierdie geleentheid gekwalifiseer het.

Uitslae:

Marlien Crewe-Brown:  Silwer 50m Vlinderslag, Goud 50m rugslag, silwer 100m Vryslag, goud 50m borsslag brons 100m rugslag en brons 50m Vryslag

Dane Thiart:  Brons 50m vlinderslag, vyfde 50m borsslag, vierde 50m vryslag.

PJ de Goede:  Sesde 50m borsslag

Marni van der Merwe:  Vyfde 50m borsslag

Emile Blignaut:  Vyfde 50m borsslag

 

Vlak 1 Swemmers:

Dane Thiart: Vyfde 50m bors, brons medaljes vir 50m vlinderslag, 100m vryslag, 100m borsslag, 50m vryslag

Emile Blignaut:  Brons medalje vir 50m borsslag,  vierde in 50m vlinderslag, sesde in 50m rugslag, negende in 100m vryslag, tiende in 50m vryslag

Owen Thiart:  Goue medaljes vir 100m rugslag, 50m borsslag, 50m rugslag,  silwer medlajes vir 50m vlinderslag en 50m vryslag.

Nico Coetzee:  Agtste in 50m borslag en negende in 50m vryslag

PJ de Goede: Silwer medaljes vir 50m borsslag, 100m bryslag, 100m borsslag, vierde 50m vryslag

 

Vlak 2:

Die vlak 2 en 3 gala’s is interprovinsiale gala’s waar swemmers spesifieke tye moet swem om te kan kwalifiseer.

Marlien Crewe-Brown kwalifiseer vir die Vlak 2 gala en wen twee goue medaljes vir 50m vlinderslag en 50m vryslag, en twee brons medaljes vir 50m borsslag en 50m rugslag. Sy word ook ingesluit by die 4 x 50m vryslag-aflosspan en die span verwerf ‘n brons medalje.

 

Vlak 3:

Twee van ons seunsswemmers kwalifiseer vir die vlak 3 gala wat ‘n baie prestigious gala is. Rianco Vermeulen en Llewellyn Crewe-Brown het hulself goed van hul taak gekwyt.  Albei swem persoonlike bestes in meeste van hul items.  Albei word ingesluit in die aflosspanne, waar elkeen ‘n silwer medalje vir 4x 100m Vryslagaflos wen, en ‘n brons medalje vir die 4x 50m wisselslagaflos.

Foto: Marlien Crewe-Brown, Marni van der Merwe, Dane Thiart, Rianco Vermeulen, PJ de Goede, Llewellyn Crewe-Brown, Nico Coetzee. Afwesig Emile Blignaut

Meer Nuusberigte