Hoffman Voltameter

In dr. Paula Zandberg se Fisiese Wetenskapklas het Hoër Volkskool se graad 10-leerders vandag met ‘n Hoffman Voltameter kennis gemaak. Hulle het ‘n eksperiment gedoen om uit te vind hoe water in suurstof en waterstof geskei kan word. Hoër Volkskool – hier wil jy wees!

Lees Meer

Nasionale Boomplantdag

Hoër Volkskool se Senior Leerlingraad het vandag, op Nasionale Boomplantdag, ‘n olyfboom geplant. Een van hulle projekte is die aanplant van ‘n Tuin van herinnering en die boom is in hierdie tuin geplant. Wanneer jy ‘n boom plant, plant jy dit vir ‘n volgende generasie. Net soos Lentedag ‘n nuwe groeiseisoen aankondig, betree Volkskool ‘n…

Lees Meer

Lewensoriëntering

Lewensoriëntering as vak is gemik op die ontwikkeling van leerders om hul te bemagtig om ‘n positiewe bydrae in die samelewing te kan lewer. Hier by Hoër Volkskool word die graad 12-leerders aan talle uitdagings blootgestel. Hulle het verlede week vir spanbou én Lewensoriënteringprakties ‘n 5 kilometer wedloop voltooi. Hulle het gedurende die vakansie ‘n…

Lees Meer