Tydens die afgelope Protea proewe neem Zilike de Jager en Zanki Botha deel vir die OP-A ruiterkuns-spanne (6 lede elk) in beide die 3- Gang en 5- Gang afdelings.

Vir die eerste keer sedert 2004 wen die OP die interprovinsiale kompetisie in beide gange.  Albei hierdie ruiters ontvang dan ook goue medaljes hiervoor saam met hulle span-maats.

Marichen Piek neem deel aan die kompetisie vir “eerste-jaar” deelnemers aan die Nasionale Proewe.  Sy is ook ‘n kaptein van die OP B- span.  Eerste- jaar deelnemers mag volgens die Saskok ruiterkuns- reel nie in aanmerking kom vir die Protea spanne in hulle eerste jaar deelname nie.  In hierdie individuele kompetisie verower sy ‘n skitterende brons medalje.

Zanki Botha vorder tot in die finaal waar sy deelneem in die top 9 groep.  Sy word dan ook verkies tot die Junior Protea Spanne. In beide die 3- Gang en 5- Gang is sy die nommer 1 ruiter in die Junior Spanne!

Zilike de Jager neem ook deel aan die finaal in beide gange.  Sy word ook verkies as lid van die Junior 3- Gang span en dan vanjaar ook as lid van die Senior 5- Gang span!  ‘n Baie besonderse prestasie om hierdie Senior baadjie te kan dra.

Meer Nuusberigte