Van Hoër Volkskool se boogskietleerders het die afgelope naweek deelgeneem aan die Oos-Kaap Kampioenskappe in Uitenhage — en hulle het behoorlik gemik vir sukses!

🥇🥇 Conrad Kleyn verower twee goue medaljes in die Hoërskool seuns-afdeling.

🥈🥈 Mikha Enslin wen twee silwer medaljes in die Hoërskool dogters-afdeling.

🥉 Riaan Enslin — Mikha se pa en oudskolier van Hoër Volkskool — skiet ’n brons medalje in die mans los-afdeling.

Die amptelike Oos-Kaap span word Dinsdag aangekondig, en ons hou styf duim vas vir ons skuts!

Meer Nuusberigte