Vandag het ons graad 8, 9 en 10 leerders wat akademies presteer, ’n besonderse beloning ontvang – ’n uitstappie na die pragtige Samara Karoo Reserve.

Ons is met groot gasvryheid verwelkom en die hele dag bederf. Tydens ons wildrit het ons ’n verskeidenheid diere van naby beleef – insluitend ‘n majestueuse ontmoeting met die koning van die Afrika-veld, mnr. Leeu.

’n Onvergeetlike dag vol leer, bewondering en waardering vir ons ongelooflike natuur.

Baie dankie aan almal wat hierdie ervaring moontlik gemaak het!

Meer Nuusberigte