Graad 10 skop af met Groenteprojek
Die Graad 10 Landbouklas het gister die grond begin bewerk vir hulle splinternuwe groente- en vrugteprojek. In net twee periodes het hulle reeds groot vordering gemaak met die opruim en voorbereidingswerk vir die groentetuin – en ons is sommer baie trots op hulle werksetiek!
Hierdie is ‘n projek wat heeltemal deur die Graad 10’s bestuur gaan word, van plant tot oes.
Die droom? ’n Tuin vol vars groente en ’n paar vrugtebome wat nie net leergeleenthede bied nie, maar ook iets teruggee aan die skoolgemeenskap.
Sterk werk, Graad 10 – ons sien uit om te sien hoe julle groei!